Ekonome verwag dat brandstofpryse vroeg volgende jaar verder gaan daal. Suid-Afrikaanse motoriste het die afgelope twee maande baat gevind by brandstofprysverlagings. Ekonome verwag nog ‘n afname in Januarie. Daar word egter verwag dat brandstofpryse weer gedurende die jaar sal styg as gevolg van internasionale invloede soos die olieprys en die Amerikaanse dollar-wisselkoers teenoor die rand. Ekonome voorspel ook hoër brandstofpryse in 2025 in vergelyking met 2024.