Brandstof kan volgende maand minder kos

 Brandstof kan volgende maand minder kos

Die syfers van die Sentrale Energiefonds wat teen die middel van die maand beskikbaar is dui daarop dat brandstofpryse volgende maand kan daal.

Indien die huidige ekonomiese omstandighede voortduur kan petrol met tussen 8 en 18 sent per liter daal, terwyl diesel 2 sent per liter minder kan kos.

Die prys van lampolie sal na verwagting met 6 sent daal.

Die webpublikasie, BusinessTech, sê die Rand het versterk te midde van die hoop dat die VSA en Sjina ʼn handelsooreenkoms sal sluit.