Motoriste kan hulle maar regmaak vir ‘n groot styging in brandstof vir Maart. As pryse vandag vasgestel moes word, sou 95-oktaan-petrol met R1,35 duurder geword het en diesel met tot R1,59.

Dit beteken as motoriste by die vulstasie stop in Maart, sal hulle tussen R54 en R79,50 meer vir ‘n vyftig-liter tenk moet betaal. Netwerk 24 berig die slegte nuus is dat brandstof waarskynlik ook in April duurder gaan word omdat dit die maand is wanneer die regering die algemene brandstof-en padongelukkefonds-heffing kan verhoog.

Belastingkenners meen Suid-Afrikaners gaan nie ‘n derde jaar agtereenvolgens vrygestel word van verhogings in dié heffings nie.     

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×