Motoriste sal van Woensdag af aansienlik meer betaal vir brandstof wanneer die prys van petrol en diesel Dinsdagaand om middernag styg.

Die departement van Minerale Hulpbronne en Energie het vroeër aangekondig dat die prys van 93-oktaan petrol met 65-sent per liter styg, 95-oktaan met 67-sent per liter, en diesel met sowat drie-sent ‘n liter.

Die Nasionale Taxi-alliansie het intussen aan SABC-nuus gesê dat hy nog nie besluit het of hy tariewe vir pendelaars gaan verhoog nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×