Vyf plastiek-toegedraaide pakkies wat glo kokaïen bevat, het op strande in Sydney uitgespoel, wat ‘n maandelange dwelmraaisel verdiep. Die pakkies – altesaam 5 kg in gewig – is Maandag deur strandgangers by Freshwater en Curl Curl gevind.

Die BBC berig hulle sê die polisie sê dit is deel van ‘n massiewe besending kokaïen wat sedert Desember plek-plek opspoel. Meer as 250 kg kokaïen is langs die kus van Nieu-Suid-Wallis gevind sedert die eerste pakkie drie dae voor Kersfees in die Sentrale Kus-streek – sowat 90 km noord van Sydney – opgemerk is. Sedertdien is sulke pakkies – sommige wat tot 39 kg weeg – by meer as tien strande oor ‘n 500 km-kusstuk gevind.

In Januarie het die NSW-polisie aan die Australian Broadcasting Corporation gesê hulle glo die dwelms het sy oorsprong in Suid-Amerika en het waarskynlik met ‘n vragskip hul pad na Australië gemaak. Die direkteur van die Staatsmisdaadkommando sê soms sien hulle dat sulke items doelbewus in die see gegooi word om deur ‘n ander vaartuig opgetel te word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×