Na maande van rekordstygings lyk dit asof brandstofpryse in September, weer soos in Augustus kan daal, en die keer met ‘n stewige bedrag van meer as twee rand per liter. Die Burger berig voorts petrolpryse kan in September met meer as R2,23 per liter daal en diesel se groothandelprys met meer as R2,25, op grond van die jongste syfers van die Sentrale Energiefonds. Dit is mits huidige markfaktore stabiel bly. Oliepryse daal in reaksie op stadiger ekonomiese groei wat internasionaal verwag word, asook namate die geo-politieke omgewing stabiliseer, het Maarten Ackerman, ‘n beleggingstrateeg by Citadel gesê. Enige brandstofprys-verlaging is goed vir die verbruiker en dit kan help dat kospryse later nie so skerp styg as verwag nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×