Brandstofpryse gaan hierdie maand drasties daal.
Dit is volgens die Departement van Minerale Bronne en Energie wat Vrydag die amptelike brandstofprysaanpassings gepubliseer het.
Die nuwe pryse tree Woensdag in werking.
Petrolpryse sal met ongeveer 65 sent per liter verlaag word, en diesel sal met tussen twee rand-35 en twee rand-41 per liter daal.