Die Minister van Minerale en Petroleumhulpbronne, Gwede Mantashe, het aangekondig dat brandstofpryse in Suid-Afrika Woensdag sal daal.

Volgens die Staatskoerant sal die prys van 95 petrol met 22 sent per liter daal en dié van 93 petrol met 21 sent.

Diesel sal tussen 41 en 42 sent goedkoper wees.

Die prys van verligtingsparaffien sal met 31 sent per liter daal.

Die verlagings is gebaseer op plaaslike en internasionale faktore.

Volgens die Sentrale Energiefonds sou pryse selfs meer gedaal het as dit nie vir die swakker rand vroeër in April was nie.

Die rand het destyds verswak ná tariefdreigemente van die Amerikaanse president, Donald Trump, maar het later herstel.

Die maandgemiddelde wisselkoers was egter steeds hoër as voorheen, wat groter verlagings beperk het.

error: Inhoud is beskerm !!