Motoriste kan verwag dat nog ‘n aansienlike brandstofprysverlaging hierdie somer sal begin.
Dit is volgens die Automobiel Assosiasie (AA).
Die ongeouditeerde data van die Sentrale Energiefonds toon dat pryse vir beide grade petrol, diesel en verligtingsparaffien dramaties gedaal het.
Loodvrye petrol sal met onderskeidelik een-rand-18 en een-rand-26 per liter afneem, terwyl diesel met een-rand-10 per liter en paraffien met een-rand-vier per liter gaan afneem.
Die AA se woordvoerder, Eleanor Mavimbela, sê die verwagte verlagings kan toegeskryf word aan aansienlik laer internasionale produkpryse.