‘n Ekonoom van Absa, Miyelani Maluleke, sê brandstofpryse sal na verwagting in Februarie verder styg as gevolg van die toenemende styging in die prys van Brent ru-olie wat tans rondom 95-dollar per vaatjie hang. Dit is ondanks die verwagte verdere daling in verbruikersprysinflasie. Statistieke Suid-Afrika maak hierdie week Januarie se inflasiesyfers bekend. Maluleke sê die jaarlikse verbruikersprys-inflasie sal na verwagting tot ongeveer vyf-komma-sewe persent daal, nadat dit verlede maand tot vyf-komma-nege persent gestyg het – wat die hoogste jaarlikse styging was sedert Maart 2017. 

1 Comment

Comments are closed.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×