Motoriste word gewaarsku om ‘n massiewe brandstofprysverhoging in Junie te verwag.

Dit volg omdat die regering se brandstofheffing van volgende maand af weer inskop.

Find-It berig ekonoom, Dawie Roodt, het gesê die beëindiging van die regering se noodbrandstofheffing-ingryping sal daartoe lei dat verbruikers R1,50 meer per liter sal betaal.

Hy het gesê normale markkragte sal waarskynlik die petrolprysstyging verder opstoot.

Volgens Roodt sou die petrolprys vroeër met byna R2 per liter gestyg het, wat beteken verbruikers kan moontlik ‘n verhoging van R2 plus R1,50 in Junie verwag

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×