Ekonome het die styging in brandstofpryse toegeskryf aan die stygende internasionale oliepryse.

Netwerk24 berig die departement van minerale en energie het vir die eerste keer in ses maande ’n verhoging in brandstofpryse aangekondig.

Met ingang van 6 November 2024 sal die prys van beide 93 en 95 loodvrye petrol met 25 sent per liter styg.

Die pryse van diesel sal met 20 en 21 sent per liter styg, terwyl verligtingsparaffien met 28 sent per liter sal styg.

Die departement se Robert Maake sê ‘n sterker rand het die slag van die styging in brandstofpryse gedemp.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×