Die taxi-raad Santaco sê die styging in brandstofpryse wat om middernag in werking getree het, sal nie ‘n impak op die huidige taxitariewe hê nie.
Die prys van albei grade petrol het met 75 sent per liter gestyg, en die prys van diesel met tussen 70 en 75 sent per liter.
‘n Woordvoerder van Santaco, Rebecca Phala sê aan SABC-nuus hulle beleid is om taxitariewe slegs een keer per jaar te verhoog.
Sy sê die taxibedryf kan nie winsgewend wees indien gewone Suid-Afrikaners nie die tariewe kan bekostig nie.