Met September se oorsigmaand vir brandstofprysbepaling wat vandag ten einde loop, is alle aanduidings steeds dat die prys van petrol, sowel as die van diesel, rekord-hoogtes kan haal.

Petrol sal na verwagting met tussen R1,60 en R1,65 per liter styg.

Diesel kan tussen R2,67 en R2,84 duurder per liter kos. Indien dit werklikheid word, sal dit die grootste enkele dieselprysstyging óóit wees, en vir petrol die skerpste styging in meer as ‘n jaar.

Die departement van mineralebronne en energie se amptelike aankondiging word vroeg aanstaande week verwag.

Die nuwe pryse sal Woensdag in werking tree.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×