Brandstofprysverlagings kan selfs groter wees as wat vroeër voorspel is

Bloemfonteiners kan bietjie makliker asemhaal volgende week wanneer die verwagte brandstofprysverlaagings selfs groter kan wees as wat vroeër voorspel is.

Volgens die Automobiel Assosiasie toon onlangse inligting deur die Sentrale Energiefonds dat dieselpryse waarskynlik met ongeveer 93 sent sal daal, terwyl die pryse van die verskillende grade petrol onderskeidelik met ongeveer 24 en 33 sent verlaag kan word.

Die AA maan Suid-Afrikaners nietemin om versigtig te bly, gegewe die voortdurende onbestendigheid in plaaslike en wêreldwye ekonomieë.

Die verwagte brandstofprysverlaaging sal op Woensdag volgende week plaasvind.

Luister na potgooie hieronder