Brandwaarskuwing vir geteisterde Vrystaat terwyl hulp instroom

Die weer gaan vandag geensins van hulp wees vir brandbestryders in die Vrystaat nie, aangesien die Weerdiens ‘n waarskuwing vir ‘n hoë brandgevaar in die provinsie, Noordwes en die Noord-Kaap uitgereik het.

‘n Veldbrand het Sondag naby Hertzogville uitgebreek, na bewering nadat betogers motorbande in die strate aan die brand gesteek het.

Dit het versprei na gebiede soos Boshoff, Hoopstad, Dealesville en Winterton.

Na raming het 50 000 hektaar reeds afgebrand terwyl plaasdiere en wild ter waarde van miljoene rand verlore geraak het.

Intussen het die eerste vragmotors met voer in die streek begin aankom.

Hulp stroom in vanaf plekke soos Stella in Noordwes en van KwaZulu-Natal.

Plaaslike boere sê hulle waardeer dit geweldig, aangesien hulle tans net probeer om hul oorblywende vee aan die lewe te
hou.

Vir donasies kan Bloemfonteiners hierdie Saterdag (24 Oktober) en volgende Saterdag (31 Oktober) dit aflaai by die Boeremark.

Luister na potgooie hieronder