Verskeie organisasies is besig om die vervalle Brandwag-woonbuurt weer op te knap.
Rolspelers soos Anneke Anker, direkteur van die Bloemfontein Neighbourhood Association Group, of BNAG, het die afgelope week aan Bloemnuus gesê die samewerking tussen die Mangaung metro, die polisie en GPF is belangrik vir die voortbestaan van alle buurte. Die Raubex-groep het Dinsdag begin om verkeerstrepe in Brandwag te verf.
Dit is die begin maar ons sou dit nie kon regkry sonder skenkings van die Brandwag-woonbuurtvereniging nie, het Anker gesê. Die polisie, SARS en Binnelandse Sake asook die GPF het ook ondersoek ingestel na die onwettige handel in produkte, onwettige bouery en die bedryf van onwettige ondernemings op residensiële persele soos sjebeens.