Brandweerman wat positief toets vir Covid-19 sterf aan ‘n hartaanval

 Brandweerman wat positief toets vir Covid-19 sterf aan ‘n hartaanval

‘n Bloemfonteinse brandweerman wat werksaam was by die sentrale brandweerstasie in die stad en wat volgens Netwerk24 positief getoets het vir
covid-19 is Vrydag oorlede, nadat hy Donderdag inmekaargesak het toe hy ‘n massiewe hartaanval,waarskynlik weens die virussiekte gehad het.

Qondile Khedama, woordvoerder van die Mangaung Metro het in ‘n nuusverklaring gesê dat ‘n werknemer van die munisipaliteit ‘n hartaanval gekry het en later in ‘n Bloemfonteinse hospitaal positief getoets het vir covid 19.

Die brandweerman se familie meen egter dat hy nie aan Covid dood is nie, want hy was ‘n hartlyer.

LeandreAdmin@