BREAKDANCING – Die Australiese ‘breakdanser’, Raygun, het haar stilte verbreek.
Dit kom ná die 36-jarige dosent van die Sydney-universiteit se ‘breakdans’-optrede by die Olimpiese Spele in Parys, wat wyd gespot is.
Rachael “Raygun” Gunn is deur sommige bespot en deur ander vir haar unieke vertoning in Parys toegejuig – waar sy nie een van haar drie wedstryde teen ander B-Girls gewen het nie.
Gunn het haar ondersteuners bedank en gesê sy is bly om vir hulle ‘n bietjie vreugde te bring.