Die Australiese Olimpiese breakdancer Rachael Gunn – ook bekend as Raygun – is deur die sport se wêreld beheerliggaam aangewys as die wêreld se voorste danser.
Diè 37-jarige was wêreldwyd gespot oor haar roetine by die Olimpiese Spele in Parys maar is deur die World Dance Sport Federation beloon met haar nommer een plek as die vroue breakdancer.
Volgens die Federasie is die ranglys gegrond op ‘n atleet se vier topprestasies oor die afgelope 12 maande terwyl die Olimpiese Spele en die kwalifiserende toernooie nie bydra tot die wêreldranglys nie.