Die sanger Brendan Peyper, het gisteraand in die derde reeks van Op My Eish, die blondekop, Janae Stander, gevra om sy meisie te wees. Nadat Peyper 16 vroue leerken het in die maatsoek-reeks op Kyknet, het hy aan die einde van gisteraand se episode vir Stander haar nommer gevra.

Hy het vir ‘n glimlaggende Stander gesê hulle sal binnekort op ‘n afspraak moet gaan. Peyper het gesê hy is verlief op Stander maar dat hy aan die begin van die reeks gedink het hy gaan niemand kies nie. Die 22-jarige student van Potchefstroom het wel mettertyd die Stop Wag Bly nog ‘n Bietjie-sanger se hart verower.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×