Brian Molefe hervat vanoggend sy getuienis voor die Zondo-kommissie

Brian Molefe, die voormalige bestuurshoof van Eskom, hervat vanoggend sy getuienis voor die Zondo-kommissie.

Luidens berigte sal die kommissie ook getuienisvan die voormalige finansiële hoof van Eskom, Anoj Singh, aanhoor.

In sy getuienis gister het Molefe ontken dat hy in 2015 druk geplaas het op Glencore om die Optimum-steenkoolmyn aan die Guptas te verkoop.

Hy het verder gesê sy weiering om die steenkoolkontrak met die Optimum-myn uit te brei het geen uitwerking gehad op Glencore se besluit om die Optimum-myn aan die Guptas te verkoop nie.

Luister na potgooie hieronder