President Cyril Ramaphosa het Sondag bevestig dat die Brics-beraad, waarnatoe Wladimir Poetin uitgenooi is, in Augustus sal voortgaan en beslis nie virtueel sal plaasvind nie. Dit is ook nie bekend of Poetin die beraad sal bywoon nie. Dit, terwyl daar ‘n lasbrief vir die Russiese leier se inhegtenisneming deur die Internasionale Strafhof uitgereik is. Ramaphosa het aan Maroela Media gesê gesprekke oor die formaat van die beraad word tans gefinaliseer. Hy het benadruk die beraad sal in persoon plaasvind. Poetin word deur die strafhof gesoek oor beskuldigings dat Rusland onwettig kinders van Oekraine gedeporteer het. Die DA het reeds met regstappe begin om die Rus se inhegtenisneming hier af te dwing sou hy voet aan wal sit in die land.