Die VN se sekretaris-generaal, Antonio Guterres, het ‘n beroep op Brics Lande gedoen om te kyk na die klimaatskrisis en die lewenskoste-krisis wat buite beheer is. Hy het ook gesê dat ‘n alliansie van lande met gemeenskaplike doelwitte, nie genoeg is ‘n vreedsame en regverdige gemeenskap waarborg nie. Die 15de Brics-beraad het gister afgesluit en Brics-lande het ‘n verklaring bekend as die Johannesburg 2-verklaring aangeneem. Die BRICS-leiers glo die jongste resolusies sal deur groter verteenwoordiging van ontwikkelende lande en inklusiewe alliansies tussen lidlande ondersteun word. Die verklaring van 26 bladsye sluit oproepe in vir die vreedsame oplossing van globale konflikte, veral ‘n beroep op diplomatieke samesprekings om die krisis in Niger en ‘n wapenstilstand in Soedan op te los.