Die Britse eerste minister, Rishi Sunak, is op pad na Egipte om samesprekings by te woon te midde van toenemende spanning in die Midde-Ooste. Die vergadering vind more plaas terwyl ongeveer 20 hulpvragmotors wag om Egipte se Rafah-grens na Gasa oor te steek. BBC News berig dat Israel steeds voorrade keer om die grens oor te steek. Sunak het belowe om saam met Israel te staan ​​terwyl hy Jerusalem besoek het. Die Britse eerste minister is op ‘n tweedaagse reis na die Midde-Ooste hoofstede. INTUSSEN, het President Cyril Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya bevestig dat die president ook Saterdag die Kairo-beraad op uitnodiging van Egipte gaan bywoon. Magwenya het gesê pres Ramaphosa is diep bekommerd oor die aanvalle op burgelikes, die lewensverlies, ontheemding van mense en die humanitêre krisis in die Gaza-strook.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×