Brittanje gaan met nuwe visumreëls  wat verlede week in werking getree het, probeer om die land se immigrasieprobleme te verminder. Volgens Euronews sal Britse burgers of immigrante wat reeds in die land is, moet bewys dat hulle meer as 38-duisend-pond per jaar verdien voordat hulle oorsese huweliks- of lewensmaats by hulle mag woon. Van die immigrante wat deur die nuwe wetgewing geraak word, het gesê die politici in die land stuur ‘n duidelike boodskap uit dat hulle nie welkom is nie. Die nuwe inkomste drumpel, wat beteken dat 73% van die bevolking nie sal kwalifisieer nie, beteken ‘n verbod op Britse burgers wat met oorsese burgers trou, het ingeligtes gesê. Die Britse regering poog om immigrasie met 10-duisend mense per jaar te verminder. Visum-aansoeke vir families van immigrante was meer as 39-duisend vir die tydperk Junie 2022 tot Junie 2023. Die BBC berig meer as 45-duisend vlugtelinge het in 2022 die Engelse kanaal met klein bootjies oorgesteek. In totaal het meer as ‘n 100-duisend vlugtelinge uit Afrika sedert 2018 Brittanje op die manier binnegekom.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×