Brittanje is een van ‘n aantal lande met spesiale militêre magte wat in Oekraïne ontplooi is.

BBC News het berig dié inligting is luidens een van dosyne dokumente wat onlangs aanlyn uitgelek is.

Die uitgelekte lêers skets ‘n gedetailleerde uitleg van die oorlog in Oekraïne.

Dit sluit skynbaar ook sensitiewe besonderhede van Oekraïne se voorbereidings vir ‘n lente-teen-aanval in sy oorlogvoering teen Rusland.

Die Amerikaanse regering is nou besig om die oorsprong van die lekkasie te ondersoek.

Taiwan se minister van buitelandse sake, Joseph Wu, het intussen gesê China is besig om hom gereed te maak vir ‘n oorlog teen Taiwan.

Wu het aan CNN gesê China het onlangs reeds met militêre oefeninge om die eiland begin.

Wu het gesê Taiwan veroordeel hierdie optrede ten sterkste.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×