“Die bose magte”, wat sy suster, die 16-jarige Machaka Radebe vermoor het, moet volgens haar broer, gekeer word. Lebohang het sy kleinsus verlede Saterdag vir ‘n laaste
keer gesien, voordat haar liggaam later dieselfde dag, met ‘n steekwond in die rug, op die Dewetsdorppad buite Bloemfontein gevind is.
Aldus Netwerk24 het Bheki Cele, minister van polisie, asook sommige LUR’e, Saterdag haar begrafnisdiens bygewoon.
Sy is na bewering deur ‘n onbekende man ontvoer, wat later ‘n losprys in ruil vir haar lewe geëis het.
Machaka was ‘n leerling van die Brebner High School in Bloemfontein. Niemand is nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie.