Belasting op toegevoegde waarde (BTW), sal teen 2026/2027 tot 16% verhoog word.

So het die minister van finansies, Enoch Godongwana, tydens sy begrotingsrede gesê.

BusinessTech berig BTW sal vanjaar met 0,5 persentasiepunte verhoog word, en met nog 0,5 persentasiepunte in 2026.

Volgens Godongwana volg die besluit om belasting te verhoog ná deeglike oorweging en vele gesprekke oor BTW en die impak daarvan op die land.

Hy sê egter die groter debat moet eintlik wees oor hoe om die ekonomie te laat groei.

Dié BTW-verhoging sal na verwagting ‘n opbrengs van R13,5 miljard in 2025 lewer—’n aansienlike verlaging van die R60 miljard wat die 2%-verhoging in Februarie sou lewer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×