Die minister van finansies, Enoch Godongwana, waarsku dat ‘n verhoging van
Belasting op Toegevoegde Waarde steeds ‘n moontlikheid is. Godongwana het nie verlede
maand BTW in sy 2024-begroting verhoog nie, ondanks bespiegeling dat hy nuwe
belastingmaatreëls sou aankondig om ‘n bykomende 15-miljard rand in te samel.
Godongwana het aan SABC Nuus gesê belastingverhogings sal afhang van die aard van
eise aan die fiskus, asook ander beskikbare hulpbronne. Die BTW-koers is sedert 1994
net een keer aangepas, toe dit in 2018 van 14 persent tot 15 persent verhoog is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×