Die lid van die Burgemeesterskomitee vir Ekonomiese Ontwikkeling en Ruimtelike Beplanning in die Stad Tshwane, Sarah Mabotsa, sê van alle buitelandse burgers sal vereis word om ‘n R5 miljoen-belegging te bewys om spaza-winkels suksesvol te registreer.
The Citizen berig President Cyril Ramaphosa het aangekondig alle spaza-winkels moet binne 21 dae by hul munisipaliteite geregistreer wees, met strenger regulasies om voedselveiligheid te verseker ná kindersterftes weens besmette produkte.
Winkels wat nie voldoen nie, sal gesluit word. Die Stad Tshwane het ‘n program geloods om nakoming van gesondheids-, brandveiligheids- en stadsbeplanningstandaarde te verseker.
Die registrasieproses is vir almal oop, maar streng evaluerings sal volg ná die 21 dae om te verseker aansoekers voldoen aan al die regulasies.