Regstreekse buitelandse investering, of FDI, in Suid-Afrika word al hoe laer namate internasionale beleggers se aptyt om kapitaal in die land te belê, besig is om te taan.

Netwerk 24 berig die Reserwebank se jongste kwartaallikse bulletin vir die vierde kwartaal van 2023 het met 36% gekrimp teenoor die vorige jaar. Dit is R54 miljard minder as in 2022. Die FDI vir die vierde kwartaal het ook beduidend verminder van R26 Miljard tot R16 miljard. Buitelandse investering is ‘n aanduiding hoe aanloklik ‘n land is vir groot internasionale maatskappy om in sake te doen. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×