Buitelandse paspoorthouers wat gister die oorloggeiteisterde Gasa-strook kon verlaat, se verligting is oorskadu deur vrees vir die lewens van diegene wat hulle moes agterlaat.
‘n Groot aantal mense het by die Rafah-oorgang na Egipte opgedaag in die hoop om hier deurgelaat te word.
Slegs mense wie se naam op ‘n lys verskyn, wat deur Israel opgestel is verskyn, kon egter die grens na Egipte oorsteek.
Die grenspos by Rafah was gister ‘n tweede agtereenvolgende dag oop om buitelandse paspoorthouers deur te laat.
Die oorgang is slegs vir beperkte ontruiming oopgestel, in gevolge ‘n Katar-bemiddelde ooreenkoms tussen Israel, Egipte, Hamas en die VSA.
Israeliese owerhede ondersoek elke persoon, om te keer dat enige Hamas-lede onder die vlugtelinge is.