Buitelandse toeriste in Noordwes, sal gedurende die feesseisoen op sekere roetes deur sekuriteitsvoertuie begelei word.

News24 berig die provinsiale regering het 35 voertuie hiervoor ontplooi. Dié stap volg na ‘n onlangse vlaag aanvalle op toeriste, wat onder meer na Sun City en Pilansberg in toerbusse onderweg was.

As gevolg hiervan is die N4 en die R556 in Noordwes as misdaadbrandpunte geïdentifiseer.

Bus-operateurs wat internasionale toeriste vervoer, word versoek om sover moontlik via die N4 te reis. Indien die R556 egter gevolg word, sal die spesiale veiligheidsvoertuie die toerbusse vergesel.

Die projek se gesentraliseerde datastelsel word ook met die polisie gedeel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×