Die Departemente van Sport, Kuns en Kultuur en Basiese Onderwys sal saamwerk om buitemuurse programme in skole regoor die land in plek te stel.
Die ooreenkoms het ten doel om te verseker dat alle leerders ‘n geleentheid kry om aan sport- en kultuurprogramme deel te neem, ongeag hul agtergrond. McKenzie sê dit sal ook die publiek en meer organisasies aanmoedig om ‘n kritieke rol te speel om sport vir die jeug op gelyke voet te bring.