Tydens ‘n vroegoggend plaaspatrollie om tweeuur het Phillipus de Klerk en André van Rensburg, ‘n veiligheidsverteenwoordiger van Vrystaat Landbou saam met nog drie ander mans na bewering twee vermeende plaasbetreders in Bultfontein betrap en aangerand.

Netwerk24 berig dat die groep mans glo eers die oortreders na die polisiekantoor geneem het, wat beweerlik gesluit en donker was.

LEES OOK: Sommige van die verwoestende brande in die Vrystaat, blyk die werk van brandstigters te wees

Die polisielede wat aan diens was, het ‘n saak van crimen injuria teen die vermeende aanranders geopen. Kapt. Stephen Thakeng reageer dat die feite van die geslote stasie intern ondersoek sal word.

LEES OOK: Drie vas vir veediefstal in die Vrystaat

Terwyl nog inhegtenisnemings kan volg, word die groep mans van crimen injuria en poging tot moord aangekla.

‘n Saak van betreding van privaat eiendom is opgelê teen die twee mans wat betrap is. Van Rensburg en De Klerk moet op 6 November in die landdroshof verskyn.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×