Die Burgemeester van Nketoana Plaaslike Munisipaliteit in die Vrystaat, wat glo versuim om salarisse betyds te betaal, spandeer na bewering amper R100 000, van belastingbetalers se geld, aan ‘n huurmotor en brandstof.

IOL berig dat geen logboeke vir die voertuig gehou is nie en dat die DA die saak in ‘n raadsvergadering geopper het.

Die party wou ook bevestig of die voertuig slegs vir munisipale sake gebruik is. Na bewering het Mamiki Mokoena, die burgemeester, tussen 2021 en 2023 ‘n voertuig gehuur wat die munisipaliteit byna R850 000 gekos het. Dit nadat sy ‘n tweede voertuig in Maart 2023, wat deur die munisipaliteit gekoop is, in daardie November afgeskryf het.

Dit is nie die eerste keer dat Mokoena die middelpunt van omstredenheid is nie. Inwoners het haar vroeer aangekla dat sy na bewering uit die openbare beursie gesteel het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×