Twee-en-twintig burgerlike organisasies het besluit om saam te werk om politieke verandering in die land positief te probeer beïnvloed. Die groep staan saam onder die sambreel van Convergence4SA. Hulle wil luidens berigte voor volgende jaar se verkiesing hul toespits op kieseronderrig. Dit sluit in om mense te oorreed om as kiesers te registreer en aan die verkiesing deel te neem. Die groep sê dit is belangrik dat alle Suid-Afrikaners van hul demokratiese plig bewus gemaak word. Van die organisasies sluit in: Yoh Vote, Wes-Kaapse Raad vir Kerke, The United South Africa Movement, South Africa First Forum, Solidariteit, Network for a New Beginning, Afrikaanse Taalraad, NG Kerk, Centre for Public Witness, Kaapse Forum en die Afrikanerbond.
