Burgers wat deur die pleeg van moord die reg in eie hande neem dui op ‘n gebrek aan vertroue in die polisie en in die strafregstelsel as ‘n geheel. Dit aldus die nasionale polisiekommissaris, generaal Fannie Masemola, na aanleiding van die groot aantal moorde van dié aard in die land. Masemola het gesê hy glo ‘n verlies aan vertroue spruit onder meer uit die groot aantal misdadigers wat op borgtog of parool vrygelaat word en dan wéér misdade pleeg. Geluide is ook gehoor dat daar beter samewerking tussen die polisie en private sekuriteitsmaatskappye behoort te wees. Herman Lombaard, nasionale woordvoerder van National Crime Assist, het vanuit Bloemfontein gesê dat reuse-suksesse behaal word wanneer private sekuriteitsmaatskappye en rolspelers vanuit die burgerlike samelewing met die polisie saamwerk om misdaad te beveg.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×