BUSA het die besluit om oudpresident Jacob Zuma strafregtelik aan te kla verwelkom

Besigheidseenheid Suid-Afrika, BUSA, het die besluit van die Kommissie van Ondersoek na Staatskaping verwelkom om oudpresident Jacob Zuma strafregtelik aan te kla oor sy vorige weiering om voor die kommissie te verskyn.

Die president van BUSA, Sipho Pityana sê dit is duidelik dat Zuma baie vrae het om te beantwoord en
dat hy nie bo die wet verhewe is nie.

Die Kommissie sê Zuma se weiering is onaanvaarbaar, meer so omdat hy ‘n voormalige president is.

Die Kommissie sê as Zuma nie op 15 Februarie opdaag vir die sitting nie, sal hy verdere stappe aankondig.

Die Kommissie sê hy sal in ‘n afsonderlike verklaring reageer op Zuma se volgehoue aanvalle op die voorsitter, adjunkhoofregter Raymond Zondo.

Luister na potgooie hieronder