Die selfverklaarde profeet, Shepherd Bushiri, en sy vrou, Mary Bushiri, is nie van plan om in Suid-Afrika tereg te staan nie.
Dit is volgens Bushiri se woordvoerder, Aubrey Kusakala.
Kusakala het met Eyewitness News gepraat nadat die landdroshof in Malawi Woensdag beslis het dat Shephard en Mary Bushiri aan Suid-Afrika uitgelewer mag word om op verskeie klagte tereg te staan.
Die bevel is egter vir 30 dae opgeskort.
Kusakala sê ‘n gebrek aan geloof in Suid-Afrika se strafregstelsel is wat die Bushiris se stryd om in Malawi te bly, lewendig sal hou.