Business Leadership SA sê dit is nie genoeg om bloot die beperkings van die inperking te verwyder nie

Business Leadership SA sê dit is nie genoeg om bloot die beperkings van die inperking te verwyder en te verwag dat die ekonomie weer sal herstel nie.

Die land is ná ‘n afname in koronavirus-gevalle nou op vlak een.

Die uitvoerende hoof van BLSA, Busi Mavuso, sê die ekonomie het ‘n geweldige skok ontvang nadat werksgeleenthede in die ses maande sedert die begin van die inperking verlore gegaan het.

Muvuso sê die enigste manier waarop werk geskep kan word, is deur hervormings wat die ekonomie sal laat groei, en om nuwe werkswyses vir die post-pandemiewêreld te vind.

Luister na potgooie hieronder