Meer as 70 regters het gedurende haar ampstermyn hofuitsprake téén die geskorste openbare beskermer, advokaat Busisiwe Mkhwebane, gelewer.

Luidens News24, het Mkhwebane – eerder as om verlief met die beslissings te neem – klagtes oor beweerde wangedrag teen 14 regters by die Regterlike Dienskommissie ingedien.

Sy het skynbaar die voortvlugtige, Paul Ngobeni, aangestel om berigte te skryf waarin sekere regters wat teen haar in hoëprofielsake beslis het, in ‘n swak lig gestel word.

Ten spyte van miljoene rand se regskoste, het Mkhwebane egter aangedui sy sal met litigasie voortgaan teen die bevinding dat sy nie geskik is vir
die amp van openbare beskermer nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×