Busisiwe Mkhwebane, sal vandag terug in die Wes-Kaapse hooggeregshof wees, in haar voortdurende stryd om aan haar pos as Openbare Beskermer te probeer klou.

Terwyl sy verlede maand in dieselfde hof ‘n oorwinning behaal het, toe bevind is dat haar skorsing deur die president ongeldig en onbehoorlik was, het ‘n volbank regters later bevind dat die uitspraak nie onmiddellik van toepassing sou wees nie.

Mkhwebane wil die hooggeregshof nader om hierdie uitspraak om te keer, en het gesê om haar uit haar amp te hou is nie in die belang van geregtigheid nie.

Dit is reeds Mkhwebane se derde poging om weer agter haar lessenaar te kan inskuif.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×