Die ontslape stigter van die IVP en tradisionele eerste minister van die Zoeloes, Mangosuthu Buthelezi, se kis sal vandag vanaf ‘n plaaslike lykshuis, teruggeneem word na die familie se woning op KwaPhindangene in Mahlabathini in KwaZulu-Natal voor môre se begrafnisdiens in Ulundi. Die 95-jarige Buthelezi is verlede naweek oorlede. Die SAUK berig Roubeklaers kom steeds by die Buthelezi-koninklike tuiste aan om hul medelye te betoon, in weerwil van die familie se versoeke dat hulle in privaatheid vir die begrafnis voorberei. President Cyril Ramaphosa het vroeër die week bevestig dat Buthelezi met ‘n Spesiale Amptelike Kategorie 1-begrafnis vereer sal word. Duisende mense sal na verwagting opdaag by die diens in die Prins Mangosuthu Buthelezi-stadion in Ulundi, waar President Ramaphosa die lofrede sal lewer.