Lourentia Lombaard, die 32-jarige buurvrou van Kelly Smith en die 6-jarige Joslin se ma, verskyn vandag vir ‘n tweede keer in die landdroshof in Vredenburg. Sy staan tereg op aanklagtes van mensehandel en ontvoering as vierde beskuldigde in die saak van die vermiste Joslin.

Netwerk 24 berig Lombaard het op 18 Maart, presies ‘n maand na Joslin se verdwyning uit die Middelpos-informele nedersetting by Diazville in Saldanha, vir die eerste keer in die hof verskyn. Lombaard is ook die ma van vier minderjarige kinders. Die staat het in die hof aangedui sy word deur middel van ‘n beketenis by klein Joslin se verdwyning betrek. 

1 Comment

Comments are closed.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×