Bykans tien-miljoen skoolkinders kan honger gaan slaap, indien iets skeef sou loop met die tender vir die nasionale voedingskema vir skole. Die tender van R9,8-miljard, was op die punt van toekenning aan ‘n enkele verskaffer om alle voedingskema-aankope te doen.

Siviwe Gwarube, minister van basiese onderwys, het egter die tenderproses tot halt geroep, om eers sélf te bepaal of die verskaffer sy sout werd is. SABC-nuus berig by monde van Karabo Khakhau, nasionale DA-woordvoerder, was die DA nog altyd teen die sentralisering van mag gekant.

Sy meen sentralisering van die voorsiening van skema-kos, kan miljoene kinders in die steek laat, sou die verskaffer nie die tendervoorwaardes nakom nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×