Bykans 5 000 nuwe Covid 19 gevalle

Die aantal Covid 19 gevalle in Suid-Afrika het nog verder opgeskiet met bykans 5 000 nuwe gevalle wat in die afgelope 24-uur aangemeld is.

Volgens die jongste syfers van die Departement van Gesondheid is 4 932 nuwe gevalle aangemeld. Altesaam 805 804 mense in Suid-Afrika het sedert die uitbreking van die pandemie Covid 19 opgedoen.

Die sterftesyfer is ook aansienlik hoër as die vorige verslagtydperk. Altesaam 160 nuwe sterftes is aangemeld, waarvan 69 in die Oos-Kaap en 31 in die Wes-Kaap is. Dit bring die totale sterftesyfer op 21 963 te staan.

Luister na potgooie hieronder