Bykans 50 miljoen mense in Sentraal- en Wes-Afrika gaan aldus die Verenigde Nasies volgende jaar honger ly.
Die VN skryf hierdie rekord-getal toe aan kombinasies van konflik, klimaatverandering en hoë kospryse.
Hierdie syfer is vier persent hoër as sy vooruitskatting vir 2023. SABC berig luidens die VN se Wêreldvoedselprogram is daar onvoldoende fondse om hongerte en wanvoeding in sekere dele van die kontinent te stuit.
Miljoene mense moet maaltye noodgedwonge oorslaan, en wanneer hulle wel eet, is dit dikwels kos met baie min voedingswaarde.