Altesame 97 000 werknemers in die formele sektor het tussen Maart verlede jaar en Maart vanjaar hul werk verloor. Verskeie bedrywe moes boonop hul werkers se salarisse sny omdat hulle inkomste gekrimp het, berig Maroela Media. Die formele sektor het in die eerste kwartaal van vanjaar niks minder nie as 21 000 minder poste gehad vergeleke met die vierde kwartaal van verlede jaar. Dié sektor verskaf werk aan byna tien miljoen mense. Statistiek Suid-Afrika het Dinsdag gesê ander bedrywe het ook duisende poste in die eerste kwartaal van 2023 ingeboet. Die handelsbedryf het in dié drie maande 36 000 poste verloor, terwyl die sakedienssektor sedert verlede jaar met 32 000 poste gekrimp het. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×